Waterkind

ptrEk is my lewe lank verskriklik lief vir swem.  Veral see en riviere, maar vriende se swembaddens werk ook goed.  Ek onthou die paar geleenthede wat ek al gehad het om in riviere te swem klokhelder.

Dis ook die enigste oefening wat ek op hierdie stadium kry.  ‘n Vriendin het my gebless met haar gymkaartjie.  So ek swem so 4, 5 keer ‘n week op en af in die gym se onderdak swembad.  Heerlik.

So besluit ek hierdie jaar om al my verjaarsdag geld te spaar en die tattoo te kry wat ek al vir jare wil doen.  (As jy 50 word, kry jy baie drank, sjokelade en kontant) My middelste kind is 24 Desember al 10 jaar by die Here en ek wil haar naam in my ma se handskrif op my lyf rondra.

Eintlik wou ek dit onder my hart sit.  Privaat en simbolies.  Maar hierdie ronde lyfie is nie gemaak daarvoor nie.  Ek besluit toe om dit op my voet te doen.

Die proses self was glad nie seer nie.  Ook nie agterna nie.  Maar die reels om dit agterna te versorg!!  Ek moet regte seep gebruik.  Elke keer ‘n skoon handdoek of dan ‘n weggooi kitchentowel gebruik om dit droog te maak.  Ek moet 4 keer ‘n dag prep opsit.  Ek mag dit nie in die son laat kom of natsweet nie.  En EK MAG NIE SWEM NIE!!!!  Nie vir 2 weke nie.    Ek kon ook nie soos gewoonlik die berg met die kinders uitklim nie.  En ek wou juis my Jessica hondjie se asies gaan strooi het.  Sy het altyd so graag saammet ons die berg uitgeklim.

Ten minste het ek geen ongemak of pyn nie.  Skoondogter het vir my ‘n helse scary link gestuur van die gevolge van ‘n voet tattoo.  En natuurlik het al die kinders reeds tattoo’s gehad, so ek is toegegooi met raad en raas.

Ek moet se my baie konserwatiewe moeder het die tattoo heel goed gevat.  Selfs oor my skouer kom loer terwyl die kunstenaar daarmee besig was.  Sy kon nie glo dat ek sit en lag en gesels terwyl hy besig was nie.

Nou moet ek nog net so ‘n week uithou voor ek weer in water kan insink.  Warmste droogste kerstyd ooit.


13 thoughts on “Waterkind

Leave a reply to travel460 Cancel reply