Vasgedraai in my eie drade/toue

Ek soek kliphard werk.  Ek wil oorsee gaan Engels gee as ‘n vreemde taal vir kleintjies van ander nasies.  En hulle wereld leer ken.

Dit is so maklik om die sinnetjie te tik.  Die waarheid is ‘n vreemde wereld met honderde “sites” en advertensies en agentskappe.  Ek laai vreemde apps af en verduidelik herhaaldelik dat ek nie ‘n graad het nie.  Hoekom hoekom hoekom het ek nie maar 3 jaar van my lewe afgestaan aan ‘n BA graad of iets nie????

Elke nou en dan vra ‘n “site” my email en password en vertel dan vir my dat ek die verkeerde password het.  Dan is ek sommer moerig en probeer weer en weer, want ek wil so graag die werk gaan doen.  Uiteindelik soek ek hulp by ‘n vriendin se IT boffin.  Net om te hoor dis ‘n plek wat my password steel sodat hulle spam van my email af kan stuur.  Ek’  (lees jongste) verander dadelik passwords.  Wit van woede.  Moedeloos.  Dis al dag 4 en ek kom nerens.

Nou stryk ek maar, sny vriendin se gras en kuier in blogland rond.  Ek sal maar later ‘n gin en dry lemon gooi en weer voor die laptop insak.  En deur dosyne advertensies lees.  Meeste wat ‘n bachelors degree soek.  Party wat jou ‘n lewe in hotelle belowe solank jy nie ‘n salaris verwag nie.  En elke keer begin ek droom oor die land.  Ek weet van soveel ander mense wat dit doen/gedoen het.  Dit MOET tog moontlik wees.

Advertisements

3 thoughts on “Vasgedraai in my eie drade/toue

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s