Ringe en Dinge en Duime

img_20190126_211237Image result for image painting for young couple in the 1950My pa het maklik naar geword vir dinge.  Dit het nie veel gevat nie.  En natuurlik het sy vriende dit goed geweet.  So toe hy sy een duim se punt eendag per ongeluk afsny by die werk, het een stout helsim die stukkie duim opgetel en teen die werk se bord gaan vasspyker met ‘n briefie vir my pa.  Terug van die dokter het Pa nog so ewe die “brief” gaan lees, maar toe hy eers besef waarna hy kyk, het hy die voorspelbare gedoen.  Katte geskiet.  Tot sy vriende se groot vermaak.

Die duim het mooi toegegroei.  Die nael het net so half oor die ronding gegroei en dit was Pa se knyp duim.  Die een wat jou beetgekry het as jy kriewelrig geraak het in die kerk en Ma se groot oog maak nie gewerk het nie.

Maar die eintlike voordeel van die duim was dat die werk destyds vir my pa 70 pond betaal het vir die verlies van die stukkie duim.  Hy het daarmee vir Mamma ‘n verloof en trou ring gekoop.  Witgoud nogal.  Mamma het daai tyd geglo haar rooi hare lyk beter met silwerkleurige juwele.  Hulle het in April verloof geraak en gedink om die September te trou, maar toe Mamma Junie Kanoneiland (waar haar ouers gebly het) toe is vir vakansie, het Pappa net daar besluit hulle trou Junie.  Hy kannie so lank sonder Mamma nie.

En toe wil die dominee nie vir Pa-hulle trou nie.  Want Pappa was AGS en het nooit gekatkiseer nie.  Dominee het aangebied om Pappa deur ‘n blitskursus te sit, maar hy het viervoet vasgesteek.  Hulle is op die ou en voor die landdros getrou.  Met net my ma se ouers by.  Mamma in ‘n ligblou kantrokkie wat tot by die kuite gekom het.  Uitgeklok.  Handskoentjies en hoedjie.  Sy lyk omtrent 12 op die fotos, maar was ‘n hele 19 jaar.

Die uur voor hulle afspraak by die magistraat gaan piekniek die vier in ‘n park en Mamma vra vir haar handsak.  Sy soek ‘n sakdoek of ‘n ding.  Pappa begin ewe behulpsaam in die handsak rondkrap.  My baie skaam, private ma maak beswaar. “Jy kannie in my handsak krap nie!”  Pa kap dadelik terug “Oor ‘n uur kan ek krap net waar en wanneer ek wil!”  En toe besef hy wat hy gese het…. Voor sy aanstaande skoonouers….  Bloedrooi.  En ons vertel nounog die storie vir die kinders.  60 jaar later.

Advertisements

7 thoughts on “Ringe en Dinge en Duime

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s