Elke jaar met Valentines skop my filosoof self in.
My oorle Ouboet wat elke jaar gal afgegaan het oor die kommersiele uitbuiting. Hy het dit teen moedersdag ook gehad. Snaaks genoeg was vadersdag nie heeltemal so ‘n doring in sy vlees nie.
Al die siniese singles wat verbitterd raak rondom middel Februarie.
En al die verliefdes wat onder enorme sosiale druk swig en oordadig die liefde bewys.
Ek geniet die hele spul.
Maar my grootste plesier op Vaaltyn se dag is nie eers die sjokelade nie (glo dit of nie). Dis al die snaakse, stout of sarkasties grappies wat op whatsup en faceboek tussen ons enkellopende dames rondvlieg.
Ek deel ‘n paar. Lees op eie risiko asb.
Lekker lag ek nou!
LikeLike
Dankie. Mwa
LikeLiked by 1 person
Jy maak sommer my dag, al het ek ñ man.☺
LikeLike
Hahaha
LikeLiked by 1 person
Bwahaha, ek het nou so lekker gedag. Ek deel jou ouboet se sentimente en gelukkig weet my man dat hy eerder my guns sal wen deur die lekkende kraan heel te maak as om blomme en sjokolade aan te dra. Nie romanties nie, watwou, daar is absoluut niks wat romanse in die wiele kan ry soos ‘n kraan wat drup-drup nie.
LikeLiked by 1 person
So prakties as wat ek is, n sjokeladetjie is altyd welkom
LikeLiked by 1 person
Ek het ook geswig onder die enorme sosiale druk, en toe sommer op Vaaltyn se dag getroud geraak
LikeLike
Ag lekker. 2 vliee ,met een klap. En jy sal nooit jou herdenking vergeet nie.
LikeLike
Jy sal verbaas wees hoe goed my forgettery kan wees
LikeLike
Met al die advertensies vooraf? Dis so erg soos krismas….
LikeLike
Ek praat sommer donkiebolle. Ek het nog nooit die van Helsdingen se verjaarsdag of ons trouverjaarsdag vergeet nie
LikeLike
Daar wen jy nog ‘n paar sterretjies in my goeie boekie.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my lekker lag
LikeLike
Dankie!! En dankie vir die inloer
LikeLiked by 1 person
Moenie sleg voel nie… ek is getroud en daar is nie rose of sjokolade nie. Het die mees onromantiese man op aarde getrou…. en ek wou alryd so graag ‘n ridder op ‘n wit perd gehad het.
LikeLiked by 1 person
I bet he iѕ PERFECT at it!? Laugһed Larry.
LikeLike