Ma hoekom??

Party goed is net bo my vuurmaakplek.  Ok, baie goed is bo my vuurmaakplek, maar hier is my lysie vir vandag.

Die ou 2 strate van my af sny die boom wat aan die ANDERKANT van sy straat is, stompaf.  ‘n Genuine boom.  Geelhout.  Wat hemel toe moet groei.  Poenskop.  Soos mens die heinigs afsny.  Ma hoekom?

Charlie, die mooiste, stoute labrador, vreet die tamaties van die plant af.  Net net voor hulle ryp is.  Hoekom???

Image result for painting of labrador

Hy vreet ook oudste se onderbroeke op dat net die rek op die grasperk le as evidence, maar ek wil regtig nie weet hoekom nie.  Al wat my nog snags laat slaap is dat ek weet dis skoon onderbroeke.

Ek hoor vandag van iemand wat nie haar huis wil uithuur aan mense wat diere binne in hul huis toelaat nie.  Hoekom nie?  Sy het nie eers matte in die huis nie?

Ek wil ook al my lewe lank weet hoekom kondensmelk jou vet maak.  Dis net nie regverdig nie.


2 thoughts on “Ma hoekom??

Leave a comment