Donkie se dag

 

Elke jaar met Valentines skop my filosoof self in.

My oorle Ouboet wat elke jaar gal afgegaan het oor die kommersiele uitbuiting.  Hy het dit teen moedersdag ook gehad.  Snaaks genoeg was vadersdag nie heeltemal so ‘n doring in sy vlees nie.

Al die siniese singles wat verbitterd raak rondom middel Februarie.

En al die verliefdes wat onder enorme sosiale druk swig en oordadig die liefde bewys.

Ek geniet die hele spul.

Maar my grootste plesier op Vaaltyn se dag is nie eers die sjokelade nie (glo dit of nie).  Dis al die snaakse, stout of sarkasties grappies wat op whatsup en faceboek tussen ons enkellopende dames rondvlieg.  

Ek deel ‘n paar.  Lees op eie risiko asb.


16 thoughts on “Donkie se dag

  1. Bwahaha, ek het nou so lekker gedag. Ek deel jou ouboet se sentimente en gelukkig weet my man dat hy eerder my guns sal wen deur die lekkende kraan heel te maak as om blomme en sjokolade aan te dra. Nie romanties nie, watwou, daar is absoluut niks wat romanse in die wiele kan ry soos ‘n kraan wat drup-drup nie.

    Liked by 1 person

      1. Ek praat sommer donkiebolle. Ek het nog nooit die van Helsdingen se verjaarsdag of ons trouverjaarsdag vergeet nie

        Like

  2. Moenie sleg voel nie… ek is getroud en daar is nie rose of sjokolade nie. Het die mees onromantiese man op aarde getrou…. en ek wou alryd so graag ‘n ridder op ‘n wit perd gehad het.

    Liked by 1 person

Leave a comment