Misdaad. Taak 4. Sekuriteitspan

Image result for women patrolling at night

 

Ek is sommer moerig.  Om in die middel van die nag al om ‘n vervalle plaasopstal te moet patroleer is erg genoeg, maar boonop moet ek ‘n span saamsleep.  En die kersie op die koek is dat niemand regtig wil saamkom nie.  Want die paartie wat die aandag moes aflei van die werklike misdaad, het ontaard in die eintlike attraksie.  Wie hou ‘n partie by ‘n murasie?  Met rookmasjiene?  En die hele spul is aangetrek in kleurvolle kostuums!!

Ek het die een spanlid probeer oortuig om van die blonde pruik ontslae te raak (ons patroleer… nie paradeer)  maar niks.  As wegkruipertjie met blou hare kan patroleer, kan sy met ‘n blonde pruik.  So nou loop ons hier in die donker met moerse goeie flitsligte en hoop die bure raak nie agterdogtig nie.  Asof.  Dis Suid Afrika.  2018.  Ons is NET agterdogtig oor mekaar.

Eintlik probeer ek my eie aandag aflei van wat voorlê.  Hoe op aarde gaan ons die geraas van koevoete en drilbore verdoesel?  Self met daardie oorverdowende musiek.  Ge Korsten op stereo.  Regtig?  Ek kan  net die bure agterna hoor vertel vir die polisie: “Hule moes aan die ou kant gewees het.  Die musieksmaak, jy weet.  Nou nie Paul Kruger oud nie, maar nogal naby….”

Na die derde sirkel roete om die plek, voel ons veilig genoeg om vir Sonell te laat weet dat sy die sementblad kan aanpak met haar span.

Persoonlik is ek seker elke by, spinnekop en slang het lankal gevlug.  Ek hoop net nie dis in daardie pragtige kleurvolle gypsie wa in nie.  Ek sien al hoe Lekkervurig net eenvoudig petrol oorgooi en aan die brand steek.

Image result for gypsy wagon in flames

Word vervolg deur Sonell Skrywer

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896


44 thoughts on “Misdaad. Taak 4. Sekuriteitspan

  1. Julle is hier! Sorry man, ek weet sekuritetsmense hou nie daarvan dat paarties hand uitruk nie. Ons het probeer om stiller te kuier. Vandag sal almal rustig wees, en môre kommandeer jy of Sonell ons op vir die skofte?

    Like

      1. Op jou WordPress blogtuiste, gaan na My Sites toe, scroll dan af na comments toe en kliek daarop. Daar sal in die groot blok regs 5 tabs oopmaak (all, pending, approved, spam, bin. Gaan kliek op span en kyk of jy haar comment kan sien. As sy daar is, kyk onderaan die comment sal daar ‘n “not spam” skakel wees waarop jy moet kliek. Gaan dan na die “pending” tab toe en kliek op “approve”.

        Liked by 1 person

    1. Hester, Kameel vra hulp. Sy kan by niemand kommentaar lewer nie, net by my. Maar ek moes haar eers weer gaan goedkeur op WP. Kyk asb in jou spam boks. Het jy nie vir haar raad nie, sy voel baie magteloos.

      Like

  2. Hester, jy en Abrue moet nou kyk dat jul hier kom dat ons aan die gang kan kom asb.
    Ek dink ek moet gou eers vir ‘n paar dae huis toe gaan om my dinge daar agter mekaar te hou. Die gaar kos los ek hier, julle jan daarvan eet, maar moet asb nie due tjops braai nie, dis vir die polisiepaartie. Intussen laat weet julle my as ek moet kom, ek kom dadelik, ek us net 3 ure weg.

    Like

  3. Toorts jy kan mos nou nie so maak nie. Jy het gesmeek dat die proses aan die gang kom, nou laat jy ‘n leemte. A nee a man….die span het daai vingerafdruklose hande van jou nodig…nie net kos nie😉

    Like

  4. Kameel het vir my hierdie boodskap deurgesmokkel:
    k hoop julle het gisteraand se party geniet. My planne het bietjie skeefgeloop… ek is herken.. en sit nou hier in ‘n kamer opgesluit. As Camilla, kon ek darem die outjie wat my oppas oorreed om diè boodskap na julle toe deur te smokkel. Moet nie te gerus wees nie…. die mense hier praat oor die verlate opstal waar dit nou so lewe. Ekmyself het gister nie vir my goed gelyk nie…. met haar oorfone daar rondgelê… ek dink sy begin na haar boer verlang. Miskien kan julle saam met die mannetjie vir my van Toorts se kos saam terugstuur… kry net brood en water. Hoop Woestynkind en haar span het opgedaag… hier broei dinge hier.

    Like

  5. Watter eiland Toortsie? Waar het ek die plot verloor? Ek het nou al julle blogs – ek meen rapporte van bedrywighede – tot op datum gelees en is besig om dit te copy in my dagboek on. Siende dat julle almal so gaaf is om elke nou en dan te noem dat ek nie naby die misdaadtoneel is nie, verskaf julle ‘n heerlike alibi aan my. Ha! Ha! Lyk my julle kom mooi reg, so ek kan nog so ‘n dag of twee hier bly. Groete en soentjies xoxo

    Like

  6. Ek kan nie by verskillendes kommentaar lewer nie. Ek en Una ry nou eers met Tesla in omgewing rond om die “sluiper” op te spoor. Hier is gelukkig nie rêrig bure naby wat die lawaai kan hoor nie. So ek dink ons kan maar laat waai met die geraas. Ek is meer bekommerd oor die ekstra ouens wat nie rêrig hier hoort nie. Dit help nie om die hele wêreld se mense hier naby te hê nie. Netnou wil hul ook deel in dit wat ons besig is om te doen. Woestynkind onthou van my drone wat ook ingespan kan word om n bietjie verder te bespied. Ek en Una het juis hom gebruik om bosse te bekyk. Ons het toe die bos gekry waar die sluiper ons bespied het. Sy skoenafdruk en moterband afdruk is ook daar.

    Like

  7. Ons sal op n pan moet besluit dat ons van almal wat nie hier hoor nie ontslae moet raak, iemand het gisternag aan my musiek toeristing gepeter. Ons kan nie bekostig dat van dit gesteel word nie, daai tapes en plate gaan nie werk nie.
    Ek het wel bevestiging gekry dat die elektriese kitaar en die tromme vandag deur die dag hier sal wees. En nou dat ons met sekerheid weet Una kan sing OOK, nou kan ons maar begin dink aan kearaoke Karaoke.

    Like

  8. Ge? Is jy seker? Was seker terwyl ek n entjie gaan stap het om met my boer te praat, EK sou dit beslis nie gespeel het nie… ek hoor iemand se iets van Bles wat ook gesing het… julle klomp beter my toeristing uilos… of dit was ook die werke van een van die ongenooides wat hier hang… Kan julle asb n plan aan die gang kry Woestynkind?

    Liked by 1 person

Leave a comment