
Ek moes hierdie jaar 2 kinders groet (Ingeland toe), hulle 2 katte en een hond en die ander na n nuwe huis sien gaan.
Ek het my stupid gewerk in n covid mal wereld.
Ons gesin het weer n nuwe onaangename relletjie gehad met die “he who must not be named” want ek probeer tog so hard ophou vloek.
Ek het afstand geskep van n vriendin wat ek jare ken en lankal moes laat gaan, maar te sleg gevoel het. Tot hierdie jaar se laaste strooi.
Ek het herhaaldelik geglo my ma is sterwend en die hele proses deur gegaan behalwe die begrafnis.
Ek het tot my skok agter gekom dat Dominees ook gewetelose dose kan wees.
Ek is deur n lang lys pasiente belieg en beledig.
Ek het noodgedwonge n studie moes doen van narsisme, gaslighting, boelies en leuenaars en hoe om met dit saam te leef sonder om te dink ek is mal of om self tot daai vlak te daal.
AL wat hierdie jaar gered het van n 100% WTF was Jongste en haar Renoster se uitsonderlike uitbundige troue, n heerlike kuier by Vinkel in Durban en n drome word nog waar vakansie in Mozambique met gatskop vrinne.
O ja. En dat ek n werk het wat ek luuuvvveeee.
2022 beter weet ek het hoe verwagtings vir die volgende 12 maande.
En ek glo elke hoë verwagting gaan waar word…net omdat jy dit verdien.
LikeLike
Dankie baie🤗
LikeLike
Net so, sit 2021 waar hy hoort … in ‘n gat en gooi hom toe! ‘n Mens kan altyd hoop op iets beter, iets mooier … en mag 2022 so ene wees!
LikeLiked by 1 person
Allerverskriklike laagtepunte en verruklike hoogtepunte – ‘n moeilike lewe, Woestynkind, maar jy hanteer dit met grasie. Ek is baie lief vir jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie meermin. Baie liefde vir jou ook
LikeLiked by 3 people