O wee. Vandag se banktellers.

Lank lank gelede, in n land ver hie… Actually nee. Dit was in hierdie land. Maar dit was lank gelede….. Was ek self ‘n bankteller. Toe mense nog met tjeks gewerk het om jou n idee te gee.

Toe Oudste dus verkas na ‘n land wat regtig ver ver hiervandaan is, en vir my n koffie blik vol bruin munte los, was ek nie geintimideer nie. Ek het bank sakkies gaan kry en 1 aand gespandeer om al die geld te sorteer in 5 sente (die meeste) en 10 sente ens. Die volgende aand alles in sakkies gesit soos dit hoort.

Vandag is ek bank toe. En die girl gee my coins een kyk en sug diep. En begin dit weeg. En weer weeg. En saam sit in n rekkie en weer weeg. Party gooi sy uit en tel. En weeg weer.

Maar die eintlike popo in die fen was die laaste R5. Want dit was 5 sente EN 10 sente. En sy kon net nie tot by 5 Rand tel nie. Daardie hopies is rondgeskuif en getel en op die rekenaar ge add en weer getel. Ek wou oor daai glas klim en hardop verduidelik. Of n pen en papier gryp en optel vir haar doen.

Nee kyk. Vergeet van “vandag se kinders”. Vandag se tellers kan LETTERLIK nie tel nie.


18 thoughts on “O wee. Vandag se banktellers.

  1. Hahahahahaha….ek was ook n bankteller en ek onthou ons het elke freakin sakkie oopgemaak en getel!!! Geniune getel!!! Toe kom die skale. Nou pak ek maar 5 en 10 sente in R5 hopies en gee dit vir karwagte. Sommiges vat dit graag…ander sê sommer reguit nee dankie. R5 is nie meer R5 nie!

    Liked by 1 person

  2. Jy sou my op ‘n stoel ver weg moes gaan vasmaak het … ek sou beslis alle protokol verbreek en oor die toonbank geklim het … 😅. Welgedaan vir op jou tande kners en heelhuids (sonder ‘n grootskaalse lawaai) daar uit te stap!

    Like

Leave a comment