Trou reels….

As die bruid se sy trou 3 uur bedoel sy 3 uur en jy (genooide gas) beter 10 minute voor 3 in jou sitplek wees. Anders gaan juf ingeneur jou naam vir altyd onthou en met n druppel verontwaardiging se.

Daar gaan ‘n trop gaste met covid by die troue uit stap. Dis nou maar so as jy in 2021 trou.

As jy jou dik arms in n strappie rok bo jou arm gaan rondswaai terwyl jy jou hart uit dans, moenie dat jou kinders jou video tape nie. Jy wou nie geweet het jou arm flappe dans saam nie.

As jy pas plastiek bates gekry het, dra asb n blink rok wat dit van alle kante tentoonstel. Die gaste het iets nodig om oor te skinder.

Moenie baie moeite met n speech doen nie. Helfte vd gaste kan nie lekker hoor nie en die ander helfte vang nie noodwendig jou grappe nie.

Maak seker jy dra dieselfde kleur rok as die bruid meisies as jy graag wil he almal moet weet jy voel jy moes een gewees het.

As die bruid se ma haar na die okasie moet ry, bid dat sy om n sirkel kan ry sonder om n ongeluk te maak. Sy kan nie grend lyk, sentimentele voel EN onthou om die kar se flikkers te gebruik nie.

As die bruid se ou skool maats vir die bruid se ma shooters begin koop is dit tyd om huis toe te gaan. Netnou bly sy tot die bittereinde en ouma het reeds gevra waar bly sy so laat.

Dis dalk nie die beste idee om jou lekkerste pelle en familie te nooi nie. Is mens regtig veronderstel om jou kind se troue soveel te geniet?

Dit was n aand van reen en weerlig en baie lag en bietjie huil en heerlik eet en dans en sing en die 2 kosbaarste stads kinders se troue vier op n rooftop in die middel van Pretoria dwars deur n moerse donderstorm.

Epic


16 thoughts on “Trou reels….

  1. Ag, maar dit klink mos nou soos ‘n troue uit die boeke! Daardie shooters vir die bruid se ma … dit kan ‘n gevaarlike storie word! Maar ten minste het die fotograaf kop gehou en die mooiste foto’s geneem 😊.

    Like

Leave a comment