
Ons is bietjie soos Vinkel en Koljander. Die een soos die ander.
Albei getrou en geskei v Engelsmanne wat die fyn kuns van kritiek vervolmaak het. Ons kinders omtrent ewe oud en ewe goud. Oggend mense. Lesers. Sy meer warm boeke en ek meer drake boeke. Jare en jare gelede ontmoet toe ons altwee in die bank gewerk het. Ek ‘n teller en sy ontvangs. Sy het dadelik’ n plekkie in my hart oopgeskop met haar nommer 4 voetjies en sit steeds daar op haar ronde gat en giggel.
Vandag verjaar sy. En ek wens ons het nader gebly. Sy is in daardie oorlogzone voorheen genoem Durban en ek in mooie Harties. Ek mis haar uitbundige lag. Haar lekker kos. Haar lewens vreugde al druk die lewe ons soms blou. Nou werk ons altwee vir dokters. En as ‘n pasient snotty of ongeskik is, hoor ek vir Vinkel in my kop “Ag foeitog!!” Baie sarkasties. En dan lag en verlang ek sommer van vooraf.
Sy het net so min geduld as ek met mense wat hul self jammer kry. So vriendelik en behulpsaam as wat sy met die publiek is, is sy eintlik baie uit gesproke en mal mal snaaks in haar privaat lewe.
Ek hoop my vriendelikste Vuurvreter verjaar baie lekker vandag.
Wat ‘n pragtige ‘gelukwensing’ aan ‘n goue vriendin! As ek so lees … dink ek die dokters het twee diamante wat vir hulle werk … 😉. En sterkte met die ‘snotty’ pasiente – ek was ook daar en het ook altyd ‘ge-ag-foeitog’ (dit werk)!
LikeLike
Dit doen ja. 🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Ek sukkel ook om kry-my-jammers jammer te kry.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig geskryf! Ek hoop ook sy het lekker verjaar. Julle het ‘n besonderse vriendskap… wat ‘n voorreg.
LikeLike
Dankie Perdebytjie. Ek is baie lief vir haar
LikeLiked by 1 person