Mev Dokter asb

Ek lees graag boeke uit die romantiese verlede.  Toe vroue nog korsette gedra het en hul mans aangespreek het as “Mr Bennett”. Die rokke was fyn en in detail geborduur, die mense se maniere was perfek en almal het met perde karre gery.
(Ek lees ook graag boeke waar vreemde mense op drake ry, maar dis ‘n ander dag se storie).
Vandag jy en jou ons mekaar en stry oor “tannie” en oor “oom”.  Behalwe vir die dominee en die dokter.   Hulle is nog dominee en dokter.
Die dominee is ‘n verskriklike blog wat ek eendag net kan publiseer as ek ‘n hele bottel karamel vodka gedrink het.
Die dokter se hoofmeisie is baie heilig daaroor dat dokter 7 jaar geleer het en die reg het om as Dokter aangespreek te word.  En dan daag sy huisvriende van honderd jaar of so op en noem hom op die naam.  En dan is die hel liggies los.
Een van die dorp se dokters, se vorige vrou was baie baie gesteld daarop om as Mev Dr so en so aangespreek te word.  Want sy het mos ook 7 jaar geleer om dokter te word neem ek aan.  Toe hy haar uiteindelik los vir ‘n gawer vrou, het sy hand en tand die egskeiding beveg.  En per geleentheid vir die gawer vroutjie ingelig dat “jy nooit Mev Dr sal wees solank ek leef nie”.  Die nuwe een is ‘n skat en sal dood neerslaan as iemand haar as Mev Dr sou aanspreek.
Maar die wenner is ‘n ou dame wat jare gelede haarself voorgestel het as “Mev oorlede dokter so en so”. Want haar titel is mos haar titel en as die man met die graad heengaan, beteken dit beslis nie dat sy nou net plein Mev geword het nie.  Imagine ons het haar begin tannie of jy en jou.


28 thoughts on “Mev Dokter asb

  1. 😅 … ek het groot geword op ‘n klein plattelandse dorpie en dit was “oom” en “tannie” net waar jy gaan! Toe word ek groot en gaan werk in ‘n privaat hospitaal in die Kaap (en dis ‘n ge-meneer en ge-mevrou en juffrou van die more tot die aand). Maar wanneer die pasiente van “my wereld” begin “moeilik” raak, roep die verpleegpersoneel my en se “jy moet jou plattelandse praat hier kom praat” 😁 … dan “oom” en “tannie” ek … en skielik is die “moeilike” pasient ‘n lammetjie!

    Liked by 3 people

  2. Ek het ook lekker gegiggel. Toe ek veertien jaar oud was het ek ‘n seuntjie gered wat in die swembad geval het. Sy sussie was so dankbaar dat sy my oor en oor bedank het met “Dankie tannie, ek is so bly tannie, baie baie dankie tannie.” Ek het daarna huistoe gehardloop: “Mom! Somebody has just called me ‘tannie’ and I’m only fourteen!” Vir my was dit meer belangrik as die feit dat ek die seuntjie gehelp het.

    Liked by 3 people

  3. Ag lag ek nou lekker. In Rusland en Kazakhstan word ‘n dokter nie as dokter aangespreek nie. Die enigste wat wel as doctor aangespreek word, is diegene met doktorsgrade. daar is die hoogste akademiese kwalifikasie baie belangrik. Ek gee nie om wat ek genoem word nie, tannie is nog altyd lekker omdat my kinders se maats my in elk geval getannie het.

    Like

  4. Hier per telefoon is ek ook ingelig Professor Dokter so-en-so vir afspraak… toonnael ingroei en ingroei repie word plegtig in botteltjie bewaar mee te spog..nogals op die Prof se lessenaar . Raar maar waar..

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s