Verlies

Ek het al my porsie verlies gehad om te verwerk.  Ek vind dis soos vergewe.  Dit word net nie makliker nie.
My pa het in ‘n tyd voor Fauna en Flora gelewe.  Hy het al wat ‘n babadiertjie is huis toe gebring.  Dan maak my ma groot en ons speel hulle op.  Ons het ‘n springbokkie, meerkatte, krimpvarkies (voor dit mode was), kraaie, nagapies,  ens gehad.  Dis eintlik wonderlike herinneringe, hoewel ek vandag besef dit was nie so wonderlik vir die diertjies wat eintlik hulle eie soort sou verkies het.
Nadat my pa oorlede is, het ons steeds altyd honde en katte gehad.  Die perde moes gaan tot my ontsteltenis, want toe trek ons “stad” toe.  Windhoek was vir my ‘n moerse kultuurskok.  Roltrappe en hysbakke was vir my wildvreemd en my kaalvoet kinderjare was skielik weg.
Ek het bitter moeilik aangepas by koshuislewe, stadslewe, lewe sonder my groter as lewensgrote pa met sy diep lag en sy groot hart en sy skoot wat altyd beskikbaar was vir sy dogters. Dit was 1978.
Fast forward na 2019 en ek moet vir die eerste keer in my lewe aanpas by ‘n lewe sonder diere.  ‘n Eenslaapkamer woonstel op die 1ste verdieping is nie ‘n plek vir ‘n dier nie.  Enige ding in ‘n hok of ‘n glasbak tel nie.  Ek raak benoud vir hulle part.  En ek MIS dit.  Die onvoorwaardelike liefde en aandag soek.  Die “gesels” wat ek aanvul met mensetaal.  Die warm katlyfie in die winter op my bed.  Ek probeer om nie daaroor te top nie.  Niks gaan verander nie.  Dis soos my lewe nou lyk en basta.  Ek probeer opmaak met ander mense se diere en post die fotos op my whatsup status om die lekker bietjie te onthou.  Ek herinner myself aan die gerief van ‘n “skoon” woonplek sonder dierehare.  Maar my hart het ‘n hol kolletjie wat nie wil vergeet van ‘n leeftyd van diere om my hê   nie.
2021 het Oudste se vroulief op ‘n vliegtuig geklim en Engeland toe gevlieg vir ‘n wonderlike werksaanbod en ek kry nie koebaai gesê nie.  My hart skop vas.
En 2022 lê vir my voor.  Wanneer ek my groter as lewensgrote seun op ‘n vliegtuig gaan sien klim na sy vroulief toe.  En dit hoort so.  Dis soos die lewe werk en basta.  
Maar my hart hol uit en Google se “verlies 101” is nutteloos. 


10 thoughts on “Verlies

  1. Ja, ons kan dit seker maar oor en oor vir onsself se, ne 😔 … “dit is nou soos dit is en basta” … maar gits, dis nie maklik nie! My broer en sy familie is al 15 jaar in Engeland – ons praat via die tegnologie, maar ek wil so graag druk en sommer net lui-lekker gesels soos toe ons jonk was. En daardie leemte wat net diere kan vul … og, ek mis ons spanjoele, maar “dis nou soos dit is” 💌.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s