My beurt om ‘n eier in die as te le

Ek vermy nog al die pad om oor Covid te praat omdat ek nie genoeg kennis het nie en omdat ek uit die staan spoor nie lus was vir die rusies nie.

As jy in ‘n dokter se spreekkamer werk, is jy in elk geval toegegooi onder die onderwerp. Die statistieke, die redenasies, die onnosele vrae oor en oor en oor antwoord. Die banges kalmeer. Die anti alles se simpel redenasies verduur. Die neurotiese ouens te hanteer. Die vrae te antwoord van mense wat nie mediese kennis het nie, terwyl ek eintlik weet niks van al die feite in die media is juis wetenskaplik nie. (nie almal het simptome nie, nie almal ontwikkel antibodies nie, niemand weet hoe lank jou antibodies effektief is nie, jy kan die virus “shed” vir weke en selfs maande sonder om aansteeklik te wees, ens, ens)

Maar vandag lees ek 2 gevalle in die koerant wat my persoonlike dilemma onderstreep. Die een is ‘n Nederlands kind wat hof toe is omdat hy die vaccine wil kry en sy pa weier, en die ander is ‘n Kanadese man wat n verpleegster gaan aanrand het omdat sy die ou se vrou sonder sy toestemming inge ent het.

Die hele mensdom het mal geraak oor ‘n onsigbare virus. Dis hoekom ek nie vir mense wil se of ek die jap gevat het of nie, want hoekom vra hulle? Om te weet in watter kamp ek staan?

Ek is so OOR covid.

Net ter inligting.

Dokters behandel die simptome. Daar is nie medikasie vir covid as sulks nie (ook nie vir stupidgeit nie)

So as covid jou kopseer gee kry jy medikasie daarvoor. Selfde met nausea en verkoue simptome en lyfseer ens ens.

Antibiotika werk vir bakterie. Covid is n virus.

Sela


8 thoughts on “My beurt om ‘n eier in die as te le

  1. Hierdie tyd van die jaar kry ek erge (en ek bedoel ERGE hooikoors) … ek nies myself oor ‘n mik, my oe lyk soos twee poffertjies en ek hoes van al die “goeters” in my lugweg … toe ek op ‘n stadium vanoggend om my in die winkel kyk, staan ek stoksielalleen by die groente en vrugte afdeling – mense wag geduldig (of dalk ook nie so geduldig nie) dat ek klaarmaak voordat hulle nader kom. Ek probeer verduidelik van hooikoors, maar niemand luister en kyk my net met groot oe agterna. En ek dink toe ook by myself, ek’s nou so oor covid, want in die verlede sou dese en gene my sterkte toegewens het met my hooikoors en nog raad ook gegee het 🤧. Ai tog …

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s