Mozambique lys deel 2

Moenie Mozambique se pynappels koop nie.  As jy dit nie daardie kant eet nie, moet jy ‘n vriendin wat brawer as jy is, kry om dit oor die grens te smokkel.  En dan steek die Suid Afrikaanse pynappels sleg af teen die reus wat skelm die land ingekom het.  
Moenie aanneem dat ‘n spinnekop wat met opgetrekte bene ongenooid in ‘n boks lê, dood is nie.  Dis ‘n bobbejaan spinnekop.  Hulle vrek nie so maklik nie.
Vat 2 keer meer wyn saam as wat jy beplan het en 3 keer meer spending money.  Elke gunsie word voor betaal.  En van gunsies gepraat…
Moenie vasval in daardie mooie wit sand nie.  Dis ‘n gegrawe van ‘n ander wêreld wat jou in elk geval nêrens kry nie.  Jy het hulp nodig.  Soos in mannekrag.  Klem op man.  En dan betaal jy vir die guns.
As jou kar se battery vrek, leen dadelik ‘n groot battery by iemand anders (en betaal vir die guns).  Die kragopwekker se batterytjie gaan nie die ding doen nie.
Moet asb nie monkey appels by ‘n vendor koop nie.  Die goed groei wild en volop.
Moet liewers nie begin om stukkende bottels, plastiek en klere (wie verloor soveel klere in ‘n meer???) op te tel nie.  Dis nimmereindigend en jy het die tyd nodig vir fotos neem.
Aan die ander kant het ek die mooiste heel botteljies (halfjacks) gekry waarin ek sand gegooi het en kon uitgee vir aandenkings (score!!)
En as jy ‘n vriendin het wat jou saamnooi Mozambique toe, waardeer haar diep.  Dis ‘n sëen wat min mense smaak.


20 thoughts on “Mozambique lys deel 2

Leave a comment