Reels vir Mozambique weg breek deel 1

Moenie sonder vriende gaan nie. Jy het hulle nodig om fotos van jou te neem.

Moenie bang wees vir honde nie. Daar loop ‘n paar los rond wat nie Afrikaans of Engels verstaan nie, en Porteugees en Shangaan igonoreer.

Trek jou flippers op die strand aan. Dis moeiliker as plakkies. Maak seker niemand sien jou nie. Maak doodseker niemand het n kamara nie.

Maak seker een van julle kan hare vleg.

Vat n skropborsel vir jou voete saam. Die sand is dalk spierwit, maar jou voete kom swart ander kant uit.

Moet NOOIT die garnale en chips by Babalaria bestel nie. Jy sal nooit weer dit by n ander plek kan geniet nie.

Moenie agter vreemde kinders aan ry nie. Hulle vloek vreeslik.

Moenie stop om kleipotte langs die pad te koop nie. Die eienaars is dalk skoonvelfd en dan is jy in die versoeking om n misdaad te pleeg. In n vreemde land. Waar niemand jou engels in gebaretaal wil verstaan nie.

Moenie jou middagslapie mis nie. Jy moet kan wakker le in die nag om die vlermuise, rotte en vreemde honde se getjank te kan waardeer.

Moenie OCD saamvat nie. En as jy moet, vat verf saam. Die zebras is aan die kaal kant….

En… Moet nooit ooit die kans laat verby gaan om Mozambique toe te gaan nie. Dis n fees.


13 thoughts on “Reels vir Mozambique weg breek deel 1

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s