‘n Laaste monument

Na 25 jaar is daar uiteindelik ‘n standbeeld vir Prinses Diana opgerig. Ek hoop daar kom nog. Sy was een van daardie skaars mense wat vir generasies onthou behoort te word. Vir meeste van ons is dit 1 of 2 generasies wat ons onthou voor ons net ‘n naam in hul stamboom word en ons wese en ons vrese en ons talente en ons dingetjies vergete is.

Ek gaan stap vanoggend deur ons dorp se begrafplaas vir die eerste keer in die meer as twintig jaar wat ek hier bly. Ek ken niemand wat daar begrawe is nie. Ek soek net bietjie spasie om uit my woonstel te kom.

Vroeer jare (toe die wereld nog veilig gevoel het) het ek dikwels in begrafplase gaan stap. Ek onthou stil, skoon, boomryke plekke met ‘n gewyde atmosfeer en interresante stories op mooi graniet blaaie.

Hierdie een is vuil en vaal. Die gras het on langs gebrand en dit wat vrygespring het, groei wild en kurkdroog. Die grond is omgedolwe asof ‘n trekker die een of ander tyd deur modder gesukkel het en dit net so gelos is.

Meeste grafte is onversorg en vergete. Party hang skeef soos die grond ingesink het. Winterstof le laag op laag op eens blink gepoleerde blaaie. Die liefdevolle laaste koebaai onleesbaar.

Geliefdes wat met groot sorg ‘n finale monument vir Moeder en Vader opgerig het, het intussen weggetrek. Ek wil nie dink dat hulle belangstelling verloor het nie. Ek kry seer vir al die skewe, stukkende grafte.

En ek dink aan my pa se graf in verre Otjiwarongo. Lyk syne ook so? As iemand daar verby loop, dink hulle dalk dat hy vergete is? Of dalk dat almal wat hom geken het ook reeds oor gestap het? 1978 is immers al lank. Ons het verseker nie van hom vergeet nie. Hy is steeds lewens groot in ons harte.

Ek sit n blompot terug op ‘n graf en hoop dat iemand dieselfde vir my pa se graf sal doen namens my.

Want op hierdie vaal wintersdag in nog ‘n lockdown voel ek bietjie verlore en bietjie magteloos oor al die pyn wat vriend en vreemdeling deur gaan. Die konstante slegte nuus waai soos ‘n koue winterswind deur my en slaan vas in my hart.

Here, hou my hoop in U warm en wakker in my gees.


15 thoughts on “‘n Laaste monument

      1. Maar as ek saam met jou gestap het, sou ons twee gaan stilstaan het en gedink het oor die mense se lewens, Mariet.❀

        Like

  1. Ek voel baie hartseer wanneer ons begrafplase – veral in die kleiner dorpies – besoek want hulle lyk meestal soos hierdie fotos wat jy hier vir ons wys. Die ou begrafplaas in ons stad is nie meer veilig om te besoek nie. Dit is ‘n groot jammerte in ons lewens.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s