Dieet groente

346-3461379_broccoli-cartoon-png-cartoon-broccoli-png

Ek het op die oomblik 3 probleme.  Ek is vet,  ek haat dit om te kook, en ek kan groente nie in my lyf kry nie.

Pampoen ja.  Veral met suiker en kaneel.  Jy kan my in ‘n wip vang met ‘n lekker pampoenkoekie.  Groenbone ook.  Veral met baie aartapples en uie, genoeg sout en ampet te veel peper.  Ek eet ook gewillig wortels.  Soet en sout.  Vars ook.  In ‘n slaai met room en strooisuiker.  Te heerlik.  Patats met ‘n dik soet stroop is ook ‘n wenner.

Maar blykbaar help die soort groente nie om my maerder te kry nie.  Let wel:  Maerder.  Ek het al opgegee op maer.

So ek spandeer weke om myself te oortuig om ander soort groente te koop.  Gelukkig het ek ‘n paar stuikelblokke op my pad.  Ek is net 1 en kan nie ‘n hele koolkop opeet nie.  En om ‘n week lank net 1 soort groente te eet is darem baie gevra.  Ek het ook nie vriesplek in my klein yskassie nie, so daai opsie is ook uit.

Nou die dag toe ek vrugte koop, spring ‘n pakkie met een klein blomkool en een klein brocoli voor my in.  Boonop goedkoop ook.  Toe is ek vrywillig verplig om dit te koop.  Tuis bere ek dit onder in my yskas se plastiek bakkie.  Dis redelik uit die oog en feitlik op die grond, so ek kry dit reg om altwee vir so 2 weke te ignoreer.

Ongelukkig moes ek toe eenkeer vrugte ook daar bere en daar sien ek die blomkool is al effe uitgedroog en die brocoli begin ‘n geel kleur kry……

Dit vat my nog so 2 dae om myself op te “psyche” om die stoof aan te sit, maar op die ou end kry ek myself gemotiveer om die brocoli gaar te maak.  Ek het egter nie die moed gehad om dit werk toe te vat nie.  Dit stink.  So bere ek dit toe in die mikrogolfoond en belowe myself om dit die aand te eet.  Dalk kaas oor te rasper om dit in te kry.

Daardie aand is ek egter ekstra moeg en gebruik my laaste toegelate kilojoules op ‘n glas wyn.

Teen die volgende aand het die brocoli “af” geruik na 2 dae se staan in die mikro en kon ek dit tot my moerse verligting in die asblik uitkrap.

Nou le en loer die verdroogte blomkool vir my en my gewete.

 

Advertisements

10 thoughts on “Dieet groente

  1. My kollega het altyd gesê om te dieet is soos om met ontblote knieë opdraand te kruip oor gebreekte glas en sy is nie so vernielsugtig teenoor haarself nie. Ps. Blomkool is lekker as jy dit rou eet as ‘n peuselhappie, maar doen dit verkieslik voordat die blom in die kool verlep.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s