Wat die hart van vol is…

Ek het al gewonder wat mense sien as hulle my ontmoet.  Eintlik moet ek wonder hoe hulle my “sien” as hulle na my luister.

Die afgelope tyd “sien” ek mense deur my ore.  En ek raak om die beurt hartseer, kriewelrig en teleurgesteld.

Die sagte omgee vriendin wat sonder ophou kritiseer en verwyt as sy my alleen kry.  Haar behoefte aan ander mense se waardering breek my hart.  Sy is pragtig en genoeg.  En ander mense kan nooit mens se beker volmaak nie.  Net die Here kan, en ook net as ons Hom toelaat.

Die trotse Afrikaner wat die verskriklikste grofste, rassistiese grappe vertel wanneer hy dink hy is in geselskap wat dit goedkeur.  En nogtans vasglo hy is nie net ‘n Christen nie, maar selfs uitverkore deur die Here bo ander volke.

Die vrou wat herhaaldelik vertel hoe eerlik sy is en dan blatant vir jou lieg.  Dink sy ek is onnosel of besef sy regtig nie dat sy skelm is en daaroor lieg nie??  Haar eerste reaksie op enige navraag is altyd  “Dink hulle ek is skelm?”

Die vriendin wat al vir jare net oor haar man kla en oor haar selluliet huil.

Die facebook kennis wat ten minste een keer ‘n week uitvaar oor mense wat van haar skinder.  En altyd die eerste een is wat op my whatsup (privaat)  begin uitvis as sy dink daar is ‘n sappige storie iewers.  Dit begin gewoonlik   “As ek mag vra..”

Die geskeide enetjie wat altyd dadelik se “Ek soek nie ‘n man nie” wanneer die onderwerp in enige vorm opkom, maar eintlik op “dating sites” boer.

Aan die ligter kant….

Onlangs gehoor nadat ek vra wat ‘n nuwe kennis se broer doen (in sy 30’s, geskei en ‘n pa)  “Hy drink nog aan my ma Tannie”  (in ‘n Kaapse aksent).  Ek het so hard gelag ek kon vir ten minste 5 minute nie verder uitvis nie.   Hy word blykbaar erg bederf deur sy ma.

Selfde stoutgat het my heel verwar toe sy vertel “bird watching” is ‘n vreemde stokperdjie vir ‘n gay vrou.  Ek, besig om oor regte voels met haar vriendin te gesels, was heel uit die veld geslaan.  Hoekom kan ‘n gay vrou nie voels kyk nie??  :  “Sy kan moes enige stokperdjie beoefen wat sy wil!?”

Stougat: “Dink vuil Tannie.”  Ek……”ooooo!!”

Ek bid gereeld dat die Here die wag voor my mond wakker sal hou.  Ek dink nie ek wil regtig weet wat mense “sien” as hulle na my luister nie.  En as ek nog regkry om stil te bly, se my wenkbroue alles.  fbt

Advertisements

4 thoughts on “Wat die hart van vol is…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s