Pepperspray vir spinnekoppe

wolf spinnekop

My ma is normaalweg ‘n baie goed georganiseerde,
verstandige vrou wat haar kinders met min geld en baie
praktiese planne grootgemaak het, maar soms val selfs haar
wiele af.
Kort na my egskeiding (dẽstyds), gaan ek en ‘n vriendin uit vir
die aand en my ma pas die drie kinders op. Jongste nog ‘n
baba. Oudste skaars op skool.

My ma, wat nie eintlik bang is vir spinekoppe nie
(haarskeerders is ‘n heel ander storie!), kom die aand op’n
besondere groot wolf spinnekop in die huis af, en besluit die
ding is te groot en te vinnig vir haar gemoedsrus. Hy sal moet
gaan. Maar sy kry nie haar hand op die doom in my huis nie,
en besluit om een of ander duister rede dat pepperspray
dieselfde sal doen……
Toe ek die aan terugkom, is elke lig in die huis aan en elke
venster staan wawyd oop. Eers skrik ek my yskoud. Dit was
voor selfone (ek is in die dinosaur era geskei ok?) en ek was
oortuig die oordeelsdag het aangebreek.
Binne tref ek Ma op die Lazy Boy aan met die voetstuk so
hoog as moontlik, Oudste se kleuter size krieket bat op haar
skoot en ‘n streng opdrag.  Ek moet die spinnekop opspoor
(iewers in daai hoek) en buite gaan doodslaan. Sy wil die
stukke sien voor sy sal kan gaan slaap.

Arme spinnekop (grootste wolf wat ek nog gesien het. Hy
sou regtig ‘n piering kon span) sit heel bedwelm en bedees
op ‘n kussing in daai hoek en probeer verstaan wat te hel een
rooikop tannie met ‘n swart blikkie reggekry het.
Ek was verplig om die arme ding buite met ‘n klein geel
krieketbat te gaan vermoor. Ek stry nie met ‘n rooikopma
wat weet waar my pepperspray is nie.
Die swart kol teen die muur moes toegeverf word. Nie
Handy Any of Jik kon die misdaad toneel skoon kry nie.
Noudat ek daaraan dink, dis dalk waar Jongste se vrees vir
spinnekoppe vandaan kom.
Dink net: Jy is 18 maande oud en ‘n baie groot, baie, baie
vinnige spinnekop hol deur die huis terwyl ‘n baie onstelde
rooikop ouma dit probeer vaskeer om te pepper spray, MAAR
DIE SPINNEKOP WEIER OM TE VREK!! En steier dronk deur ‘n
huis wat nou verskriklik ruik. Jou ouma raap jou op, parkeer
jou in ‘n kot, en maak jou en jou broer en suster in ‘n kamer
toe. En julle luister hoe die oorlog verder woed, maar jy
weet nooit wie gewen het nie.

Arme bloedjie.

Advertisements

20 thoughts on “Pepperspray vir spinnekoppe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s