Wanneer jou baas jou probeer vermoor.

wierook.jpg

Ek het nog altyd geweet ek is effens stroomop en liggies dwars.  Maar nou is die feite gestaaf.

Ek werk nie saam met die res van die wereld nie.  Sage wierook  word blykbaar gebruik om negatiewe energie te verban.  So besluit een van my base toe eendag om die brandende sage reg voor my, op my lessenaar te kom brand.  Toe kry ek ‘n soort asma aanval en is verplig om buite op die stoep te gaan staan en te hyg na asem. Ek moes die res van die dag ‘n waaier reg op my sit in ‘n poging om van die wierook reuk ontslae te raak.

So nee.  Ek voel nie gevlei as jy my wierook toeswaai nie.  En ek kom redelik negatief en befoeterd uit so ‘n gedwonge wierook aanval.

Duidelik is negatief my gemaksone, want ek dink sage stink en ek kan dit net so min inasem as nikotien.

Advertisements

24 thoughts on “Wanneer jou baas jou probeer vermoor.

  1. Jip, en nie net een keer nie, sommer ‘n paar keer, sy like ons almal NIKS, nee korreksie, SOMMIGE van ons :). Ek is Katoliek en wanneer die Priester die wierook begin rondswaai, wil ek sommer op die plek hardloop. Dit gee my instant hoofpyn en daai reuk bly vir dae onder jou neus. Ek rook haha, maar dit stink blerrie erger, if I may say so lmao.

    Like

  2. Ek stem saam met jou oor wierook. Die groentewinkels hier by ons brand almal wierook en ek kan nie besluit of dit bedoel is om die vrugtevliegies weg te dryf en of dit ‘n geloofsding is nie. (Die groentewinkels behoort almal aan Indiërs). Ek is mal oor hulle verkoopsware, maar ek draf baie vinnig deur die winkel om klaar te koop en weer in die vars lug te kom.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s