Klipkind

Klippe is selde ‘n goeie ding in afrikaans.  Kliphard, ‘n klip in jou skoen, klippe kou.  Dis net hard en sleg.  Ek het egter ‘n ding vir klippe.  Ek en baie van my familie.

Mamma vertel hoe haar ouers uit Kanoneiland kom kuier by ons in destydse SuidWes. Dan kla Oupa oor die swaar tasse en Ouma praat dit weg as “net ons klere en skoene en so aan”.  By ons word die canfruit bottels vol ingelegte perskes en rosyntjie en en en uitgepak.  Dan rol Oupa sy oe en Ouma glimag net.  As hulle weer na ‘n paar weke terug gaan (met ‘n trein in daai jare) dan kla Oupa van voor af oor die swaar tasse en Ouma praat dit weer weg met “dis nie so swaar nie, jy raak oud”.  En dan word al die klippe wat sy en Mamma in SuidWes opgetel het in Kanoneiland uit die tasse gehaal en Oupa rol maar net weer sy oe.  Want ons kannie by ‘n mooi of interessante klip verby stap nie.

Gelukkig neem my selfoon baie mooi fotos, of ek sou nooit ooit die Visrivier staptog kon klaarmaak as ek die klippe moes probeer saamdra het nie.  Ek kan nie uitgepraat raak oor al die mooi klippe nie.  Alle kleure en soorte.  En alles moes een of ander tyd deur water in die canyon ingespoel het en nou is dit kilometer na kilometer uitgestrooi soos net die natuur kan.  Klein, rond en kleurvol tot massiewe, vierkantige, pikswart blokke so groot soos ‘n vertrek.

My neef met sy ordentlike kamara se klipfotos is asemrowend.  Ek kannie ophou kyk.  En nou moet ek als op whatsup aanstuur vir Mamma wat nie op facebook is nie.  Want sy kan tog nie ‘n mooi klip verbyloop nie.  Ek deel ‘n titseltjie wat ek geneem het.  En een wat Neef van my geneem het.  Dit was al manier waarop ek daai mooi ding huis toe kon bring.

Advertisements

14 thoughts on “Klipkind

  1. Dit moes ‘n wonderlike ondervinding gewees het. Is daar ook halfedegesteentes soos bv. tieroë in die canyon? Ons het baie daarvan opgetel by die Oranjeriver, maar die naaste wat ek aan die Visrivier gekom het, was die Hardapdam by Mariental (± 350 km hoër op in die rivierloop).

    Like

    1. Daar is geweldig baie halfedelgesteentes oral in die woestyn. Die Visrivier Canyon is regtig oor en oor die moeite werd, maar mens kan net in sekere wintermaande daar gaan stap. Dit was een van die beste avonture van my lewe Hester. Ek is so bly ek het dit gedoen.

      Liked by 1 person

  2. 😀 ! Een van my onthou dinge van my ma was, sy het kar siek geraak in lank ry. Dan het sy (wat ook nooit verby ‘n mooi klip kon loop) ‘n klippie onder haar tong gesit. In haar handsak was daar altyd klippies en verlore knopies. Kyk net dai klippe van jou ! – dit is asof dit reg is om lewendig te word met volmaan. Mooi foto’s 🙂

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s