Donkies en doerietyd

Marieta donkie woodrock

Ek en ‘n vriendin gaan besoek nou een Saterdag ‘n honde kennel / rescue centre op ‘n plot hier buite Harties.  Hulle laat jou toe om met hulle “rescue” honde te gaan stap op die plot.  (sorry, maar geredde honde klink soos bekeerde honde?!).  So kry ons ‘n bietjie vars lug en die honde (almal baster brakke) kom bietjie uit hul hokke uit.  Die plek het dan ook ‘n verskeidenheid ander diere, onder andere ‘n paar dosyn donkies.  Ek is al my lewe baie erg oor die wollerige, moedswillige goed.

En ek onthou….

Toe ons destyds uit Angola uit gekom het, het ons vir so 3 jaar op ‘n bitter klein dorpie in die Noordweste van Suid Wes gebly.  Khorixas.  Hervernoem na een of ander bessie tot my ma se verontwaardiging.  Die oorsponklike naam was Welwitchia gewees en dis vernoem na ‘n baie baie interressante plant wat net in daai woestyn deel van die wereld groei.

Ons 4 kinders was so tussen 7 en 15 en my broers vrek stout en avontuurlustig.  Aangemoedig deur my pa wat self onhebbelik was.  Naweek vir naweek het ons die Damaras se donkies gaan “steel” en heelnaweek op hulle rondgery.  Ons favourite was Afoor.  Sy een oor was letterlik halfpad afgesny.  Ek weet nie of dis sy regte naam van sy eienaar was en of ons hom so gedoop het nie.

Maandag oggende het die ou Damara man ewe ordentlik en geduldig sy donkies by die Potgieters kom haal vir die week se werk onder die juk van die donkiekar.  Dit was nie vir ons kinders moeilik om die donkies te kry nie.  Hulle is saans en naweke “gespan” en gelos om in die veld rond te loop en te wei.  Hulle kon nie ver kom nie, want die span het behels dat ‘n soort boei van draad aan die twee voorbene gespan is.  So dan het die donkie met die twee voorpote saam gespring loop.  Baie ongemaklik, maar effektief.

mde

Fastforward ongeveer 40 jaar.  Verbeel jou die woedende bohaai oor die donkies se draad skaafmerke deur vandag se diereliefhebbers.  Ons ouers, en seker ons ook, sou aangekla gewees het vir die onregmatige opeising van ‘n ander een se diere vir ons plesier.  Die politieke bohaai sou seker tot in die parlement gaan draai het.

Maar in die laat 70’s was ons net vuil gespeelde, onhebbelike kaalvoetkinders en die Damara ‘n geduldige donkie eienaar wat ons met ‘n kopskud en ‘n glimlag verdra het.  So vandag wil ek net se:  ” Baie dankie vir wonderlike herinneringe hoor.  Dit was goeie kinderjare en dis was salig om so onbewus deur die lewe te kon gaan.”

Advertisements

17 thoughts on “Donkies en doerietyd

  1. Wat praat jy? As jy Khorixas vergelyk met die naaste dorpies in die 4 windrigtings rondom is dit ‘n metropool! Uis, Palmwag…waar die petrolpompe sommer daar op die vlak staan, Kamanjab en Outjo.

    Liked by 1 person

  2. Volgende keer as jy by Woodrock gaan kuier, kom maak ‘n draai. Daai donkies van hulle eeh-ow so hard dat myne nou al 2 keer pad gevat het om hulle maats te gaan opspoor.
    Lekker onthoue

    Like

  3. Net daar slap links van die Etoshapanne. Donkies is ook deel van my grootwordherinneringe. Soos om vrugte te steel, wat doerie jare ook nie ‘n wafferse misdaad was nie. Sommige goed was darem net lekkerder en beter in toeka se tyd.

    Like

      1. Baie minder moeilikheid met die bure. Ons was ook nie so bewus van mense wat “anders” was nie. Selfs die Natte en die Sappe het oor die weg gekom. Dis net die verskillende kerke wat mekaar onderlangs kasty het 😁

        Like

      2. Ek onthou die bure se kinders het ons die wederdopers genoem. Ons het hulle terugbetaal deur hulle vingerdopers te noem. Ek het dit seker meer agtergekom omdat ek ‘n lid van die Voortrekkers was en ons menige Sondag en op elke saamtrek die NG Kerk se dienste moes bywoon.

        Like

  4. Dis omtrent die agterkant van die wêreld en ek kan glo dat julle heerlike tye daar gehad het. Ek het ‘n baie sagte plek vir donkies en voel baiekeer baie hartseer as ons deur Botswana ry en sien hoe sleg die diere behandel word. Daardie kniehalter (“gespan” soos jy skryf) bly vir my verskriklik wreed. Soms maak hulle die donkies se nekke aan mekaar vas met draad of tou. As die een buk om te eet , moet die ander een ook.Daar word ook nie veel gesteur aan diereregte nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s