Die onmoontlikheid van wetsgehoorsaamheid.

lady driving

Ek ry al vir baie jare in my klein dorpie rond sonder om ooit die kar te stamp of te skraap. Ek het al een keer sleg oorgekom met oudste se kar by MacDonalds se hoe baksteen middelpaadjie, maar dis al.

Die afgelope amper 2 jaar ry my jongste egter met die kar, want sy studeer nog en het dit nodiger as ek.  So ek kry min die geleentheid om agter die stuur in te skuif..  Boonop is die klein klits besitlik oor bestuur wanneer sy by my kom kuier.  Sy reken sy gooi die petrol in, so sy het skeepsreg.

So dink Oudste toe Saterdag aan sy ma wat sonder vervoer regkom en leen sy kar vir my vir die dag.  Ek is erg dankbaar en luister gedwee na die voorafgaande preek.  Mnr Pasgetroud en sy Bruid het by Discovery aangesluit en nou moet die kar streng volgens padreels bestuur word, anders kry hulle ‘n boete of iets.

“Ma moet by die spoedgrens hou neh?”

“Ja Skat”

“As die kar wys dat Ma na ‘n hoer rat toe moet gaan, moet Ma ratte wissel”

“Ja Liefie”

Ek is ‘n baie gehoorsame ma, OK?

En so kom ek binne een Saterdag agter:  Dat spoedgrense belaglik stadig is.

Dat meeste borde missing of vrek dof is.

Dat my liewe, liewe mede landsburgers beserk van woede en frustrasie raak as ek 40 kmh aan idle.  Ek raak meeste van die tyd nie eers aan die petrolpedaal nie.  Die kar toer vanself.

Dat kar vervaardigers se idee van hoe kontoere wereldwyd van myne verskil.  Ek doen nie eers die moeite om my hand van die rathefboom af te haal nie, want dis 3de, 4de, 5de, stop, 1ste, 2de, ens.  DIE HELE BLEDDIE TYD!!!

Dis baie uitputtend om ‘n wetsgehoorsame landsburger, padgebruiker en gedwee ma te wees hoor.

Ek dink amper ek stap liewer.

Advertisements

18 thoughts on “Die onmoontlikheid van wetsgehoorsaamheid.

  1. Almal dink hulle is bogemiddelde bestuurders, tot jy by daai mediese fonds aansluit wat ook versekering verkoop. Aan die einde van die maand wanneer die geldjies moet terugbetaal raak dan kom waai mamma daai rapport hier onder my neus. Excessive braking. Excessive cornering. Exessive speed. Alles in rooi met driedubbele uitropetekens. Blykbaar bestuur die uwe soos ‘n hooligan, of Sarel van der Merwe, afhangend van wie se storie jy besluit om te glo

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s