Muis byt en stemmetjies

Ek wens die stemmetjies in my kop kom met agtergrond musiek soos in die movies.  Jy weet.  Classic vir engel klanke en onheilspellende vioolspeel vir evil.

Want ek ken nie die verskil nie.  En partykeer wil mens weet.  Soos nou.

Ek gaan na ‘n vriendin vir ‘n gratis sessie op haar nuwe masjien kontrepsie.  Dit masseer jou.  Meestal lekker en soms bietjie seer.  Sy wys my haar dieretuintjie.  Konyntjies en die interressantste verkleurmannetjies van Amerika.  Die sweterjoel kokkerotte wat sy vir die eksotiese akkedisse voer.  En die muise wat vir die 2 luislange bedoel is.  Ek het muise en rotte aangehou as kind en steek doodluiters my vinger in die hok.  Voor sy kan keer byt die een helsim my stukkend (hulle word nie gehanteer nie.  Kry kos en word kos)  Ek doen die dettol ding en hou tissue op tot dit ophou bloei.  Ons kuier lekker met wyn en pasteitjies, doen die masseer ding en sy vat my huis toe.

Alleen in my bed dink ek die dag deur.  En toe ek by die muisbyt kom, se ‘n stemmetjie “klem in die kaak”

Ek dink “issie man”  en draai op my ander sy.  Maar die stemmetjie hou nie sy bek nie.

Nou begin ek wonder…. is dit my beskerm engel of die doodengel?  Is dit my verbeelding of my ma se ippekonders stem?

En ek sit regop in my bed (alleen, in die donker, in die middel van die nag, in die middel van die winter) en google….

En google vertel my as jy nie teen dit ingespuit is nie, is dit dodelik en ongeneeslik en al jou spiere trek saam en jy het simptome binne 2 dae en en en.

Ek herinner myself aan daai simpel grappie wat se “Never google your symptoms, you will be clinically dead in three clicks” en dink aan die diep blou see tot ek aan die slaap raak.

Gister toe ek bloedskenk is my bloeddruk effens hoog.  Dit gebeur nooit ooit nie.

Vandag by die werk kry ek ‘n kopseer van formaat.  Ek kry omtrent nooit kopseer nie. 2 kopseer pille later en dis net erger.  En my nekspiere is seer tot by my kakebeen.  En daai stemmetjie gesels te lekker.

Naderhand whatsup ek my dokter.  Hy reken nee wat, maar kom stop by hom na werk dan check hy gou.  (ek het darem maar ‘n oulike dokter).  Ek drink ‘n derde sterker pil en teen 5 uur het die kopseer effens skiet gegee.  Maar ek gaan in elk geval dokter toe, want ek weet nie of die stemmetjie good of evil is nie.

Dr reken hy weet nou nie of die goeie of slegte nuus is nie, maar hy het nog nooit klem in die kaak self teegekom nie.  Ek is dadelik verlig.  Duidelik is dit ‘n skaars gogga.  Se die stemmetjie: ” of dit kan beteken hy sal dit nie herken as hy dit sien nie”

Shit.

Nou sit ek met ‘n inspuiting agter die blad en wonder …. hoe weet jy watter stemmetjie is watter stemmetjie?

.

Advertisements

18 thoughts on “Muis byt en stemmetjies

  1. Die stemmetjie! Dis hy wat gemaak het dat ek nou die dag in die middel van ń kerkdiens na jou dokter toe gejaag is, want ek het te veel oor my simptome op Google gaan soek. Groot palawa veroorsaak. Daardie stemmetjies ontsien geen plek nie.

    Liked by 1 person

  2. Alles wat al aan my probeer byt het, het dit nie gemaak nie. Daai mamba in die wildtuin, sussie se mak hamster en die bure se hond. Ek is doodbang om myself raak te byt…
    Pasop vir daai stemmetjie wat fluister “Aag toe man, wat is die ergste wat kan gebeur?”

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s