Kookwater kwaad vir koue

cold

Ek het vanaand alweer die toets gedop.  Vanoggend kyk ek ‘n kort stukkie van Joyce Meyer wat ons herinner dat die Here se ons moet ons verbly.  So as sy met iemand ongeskik te doen het, maak sy haar oe toe en dink “Thank you Lord, I am glad I am learning this lesson”  En ek weet ek het dit broodnodig.  Hierdie was weer ‘n moeilike onlekker week en dis nog nie eers verby nie.  “Verbly jou in die Here” herinner ek myself.

Nou teen daardie tyd het ek reeds half 5 opgestaan in ‘n woonstel sonder krag, vir Oudste laat weet, ‘n uur bootcamp gedoen terwyl die grade minder as een is, met ‘n nuwe oefening wat my amper laat huil het, en ‘n uur in die swembad geswem waarvan die pomp gekalf het.  Heelweek al.  Dus… koue water.

So toe ek vanaand instap en die krag is steeds af, toe begin my “verbly” al wankel.  Oudste laat weet die privaat elektrisiteit plek.  (sukkel eers vir hoe lank, want die mense antwoord nie hulle fone nie)

Hulle belowe dit sal aankom.

Dit gebeur nie.

Hulle stuur een van die ander inwoners wat die nodige instrument het. (‘n buurman)

Hy kry nie gekonnek nie.

Die kamertjie waar die konneksie eintlik moet gebeur is gesluit.

Die opsigter is in die hospitaal en haar man se kar is nie daar nie vertel die buurman my.

Privaat elek plek is te bang om haar man te bel (hy is glo kwaai)

Buurman verdwyn vir aandete.

Ek begin bel om te hoor vir ‘n ander sleutel om in kamertjie te kom.

Nee net die opsigter het sleutel.  Maar sy is nie siek nie?  Sy en haar man is in hul woonstel.

Ek sit af.  Pantoffels, selfoon op flits, hoogs die moer in.  Absoluut NIKS van verbly nie.

Kry kamertjie se sleutel by opsigter wat boggerol makeer en amper net so die moer in is soos ek oor die leuen.

Kry vir buurman om te kom konnek met sy instrumentjie.

Wil weet wie het hom vertel opsigter is in hospitaal.  Nee ‘n D ou by die elek plek..

Ons kry kamertjie oop, kry konneksie aan, kry my krag aan.  Maar ek is steeds soos in NIKS verbly.  Nou ordentlik opgestoom vir die leuen wat my 3 onnodige ure in ‘n donker koue woonstel gelos het.

Bel vir D by elek plek.  Beduie luidrugtig waar Moses die wortel begrawe het.  Dreig hom feitlik met ‘n knuppel dood.  Verseker hom dat as my krag ooit ooit weer sou afgaan, hy direk en onmiddellik uit Pta na Harties sal ry en kom aansit.

Hy reken hy het nooit vir buurman gese opsigter is in hospitaal, hy hoor my frustrasie, maar hy is onskuldig.

Ek sit heater aan, maak gluwein en los bebliksemde boodskappe vir Oudste op sy whatsup.

Klop buurman aan my deur.  Hy is so so jammer, Dit was ‘n misverstand.  D het van iemand by die werk gepraat en buurman het gedog dit die opsigter (selfde naam).

Ek vind dit glad nie verblywend nie.  Lig die arme bebrilde buurman wat die ordentlikheid gehad het om te kom opstap en onverskoning te vra heel bedonderd in dat ek nou te kwaad is om daaroor te praat.  Dankie vir sy hulp, maar bly asb ten minste 2 dae uit my pad uit, want ek is nou so so kwaad en kannie ‘n gesprek voer nie.

Great.  As die Heilige Gees jou vroeg vroeg die oggend probeer voorberei en dit help niks.

 

 

 

 

Advertisements

9 thoughts on “Kookwater kwaad vir koue

  1. Klink darem of daar baie dinge was wat jou “happiness” wou steel so jy is nie heeltemal skuldig nie 😃 maar verstaan ek reg jy oefen 1 uur en swem 1uur in koue water in die winter???🙈

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s