Sagmoedig, die Helsim en die Bandiet

cofEk kuier so ruk gelede weer by Jongste.  Sy losseer by vriende en ons gaan stap gewoonlik met  van die honde.  (Jammer dat ek nou met ‘n ander ou se kalwers ploeg).  Die chow is die sagmoedigste ou girl.  Se nooit boe of ba nie.  Die husky is ‘n perd van ‘n heel ander kleur.  Eerstens is dit ‘n hy en tweedens nog feitlik ‘n puppy.  Ek het nooit husky honde geken voor hierdie vlammetjie nie, maar hulle gesels vir jou hoor.  Lang stories.  Baie oulik, maar ook nogal ‘n handvol.  Sommer ook ‘n kwaai hond.  As ons gaan stap is hy Jongste se probleem en sy moet hou wat sy het.  Ek stap met die sagmoedige ou girl.  Hoewel die eerste paar blokke is my hande rooi van die houvas en terughou.  Sy is lekker sterk.

Jongste se grootste vrees is altyd ‘n ander hond wat uit die yard ontsnap het en dalk met “ons” honde gaan baklei.  En dit gebeur heel gereeld in daai grend buurt dat ons ‘n losloper hond aantref.  Grend honde, maar nogtans los en baasloos. So loop ons en praat oor mens wat nie beheer oor hul honde het nie.  Jongste lig my ewe in dat dit net die hond aanhits as die eienaar begin skreeu.  Ek se ja dit is so, maar party mense doen dit instinktief.  Hulle kannie help nie.  Ek en Jongste verseker mekaar dat ons beter selfbeheersing as dit het.

Hierdie dag se stap  kom ons om ‘n draai en daar is wragtig weer ‘n ontstapte bandiet.  Labrador.  Reun.  Uitgegroei.  Hy is dadelik by om kennis te maak en die Husky wat helfte die Lab se size is, begin sumier na hom byt en baklei. Jongste kry hom stewig aan die leiband weg en ek gryp die lap aan sy halsband (gelukkig het hy een).  Die volgende 10 minute was chaos.

Jongste lig my skril en luidrugtig in dat die hond ‘n tag het en ek moet lees wat daarop staan.  Ek lig haar kalm in dat dit feitlik onmoontlik is om ‘n chow styf vas te hou, ‘n lab aan sy halsband te houvas, ‘n piepklein tag te probeer lees en dit alles terwyl sy ‘n veilige twee meter veder staan en op my skreeu.

Na ‘n uitputtende gesukkel kom ek agter die eerste woord is Harry.  Jongste lig my baie beslis in dat dit die eienaar se naam moet wees, en dat sy die nommer  soek asb.  (Foon in die een hand, mal Husky in die ander)   Okkkaayyyy.

Ek knyp die Lab tussen my kniee, hou die Chow se leiband verbete in die een hand, en probeer die piepklein nommertjie lees op ‘n disk so groot soos ‘n 50c stuk met die ander hand. Die lab en die chow probeer intussen mekkaar se agterente ruik en loop al in die rondte met my iewers tussenin, neus teen die disk en bril aan die afval, want teen hierdie tyd is ek al nat gesweet.  Ek kom nie verder as 084 nie, dan verloor ek my plek, of die hond ontsnap of iets.  As ek weer 084 se, dan se Jongste heel moedeloos: ” Ma het dit al gese…..”

Later smyt ek die bril op die gras, gooi die chow se leibande vir Jongste wat steeds 2 meter weg staan, kry die lab met altwee hande beet en lees uiteindelik die hele nommer met die disk feitlik teen my neus.  Jongste se sug se duidelik “at last” en sy oorhandig die chow se leiband terug sodat sy die nommer kan bel.

Ek is teen hierdie tyd deeglik opgeklits  terwyl sy met die eienaar praat. (Josh of iets) Engels, jonk, kuier op die oomblik elders en vertel ewe vrolik die hond is Harry (told you so!!) en sy tweede naam Houdini !!!!!!????   En Jongste bied net so vrolik aan dat ons die hond sal terugvat nadat die engelse bleddie twit sy adres gegee het.

Iewers in die middel van haar engelse geselsie begin sy vir my met haar oe beduie en toe ek afkyk is die verdompte ontsnapte bandiet Labrador besig om vir arme Sagmoedige girl te molesteer!!!  (Jongste se verkrag, maar die chow het ewe gedwee net daar gestaan en dit verdra so ek verskil van haar opinie). Nou is my moer omtrent gestrip en Jongste besluit boonop sy sal altwee “ons” honde vat en huis toe begin loop, dan kan ek die Lab huis toe vat.!  En daar gaan sy.

En Ta weier om te beweeg, want hy het dan pas ‘n nuwe girlfriend ontdek en doen wat honde doen.  Gaan le eenvoudig plat en weier om te beweeg terwyl ek al swetsend aan sy leiband rem.   Gelukkig daag engelse twit Josh of iets se bediende op om die hond te kom vat.  Anders het ek dalk iemand te lyf gegaan.  Ek het in elk geval vir haar duidelik laat verstaan dat die hond se tag te klein is en geen mens kan dit lees nie.

Jongste, nou heel kalm en dik van die lag:”Sjame, baklei Mamma nou met haar en dis mos nie haar skuld dat die hond ontsnap het nie?” (hoe weet sy?).  En die grand finale: “En toe is Mamma een van daai mense wat op die honde skreeu en hulle eintlik aanhits.”

Advertisements

7 thoughts on “Sagmoedig, die Helsim en die Bandiet

  1. Ek sien die prentjie, en ek lag heerlik vir jou!!! Maar hoekom doen jy dit aan jouself, wonder ek, mòèt die twee stap, of is dit net vir die lekker? Ek sit nou hier op Janèt se bed terwyl ek kommentaar lewer, en Blaze gesels aanmekaar! Maar Betsie, ek dink sy het nou Altzheimers want sy kyk my aan asof sy my nog nooit gesien het nie! Asof sy nie twee jaar by ons gebly het nie.

    Like

  2. Jy het my nou laat lag, hoor? Jy het baie moed om met twee honde te gaan stap. Ek lag net vir die hondemanewales hier in ons kompleks – die eienaars gaan mekaar een van die dae begin wurg met hulle honde se halsbande.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s