Oorlewing.

“n Vriendin sit ‘n grappie op facebook.  “Hoe kry ek die geld wat ek in my kop maak, in my beursie”  Ek weet dis nie eintlik snaaks nie.  Sy het op die oomblik baie werklike geld worries.  En nie enige oplossings nie.  Ek worry saam, want ek is baie lief vir haar en haar kinders.  En dan onthou ek dat dit eintlik meer nut het om te bid.  Dan bid ek.  Maar ekself voel nie eintlik baie nuttig nie.  Nie in my gebedslewe nie, nie in my werkslewe nie, nie in my finansies nie.  Selfs my blog is tjoepstil.  Ek skryf gereeld stories.  In my kop.  Ek verdien gereeld geld.  In my drome.  Ek gesels baie met die Here.  Maar ordentlike bid soos ek weet ek moet, gebeur nie gereeld genoeg nie.   Ek was al voorheen hier.  Op oorlewing.  Vasbyt.  Opstaan en aantrek en tande borsel en by die deur uitstap.  Elke dag.  Ten minste het ek iets om na uit te sien in Augustus.  En as Augustus gekom en gegaan het, het ek hopelik weer asem en moed.  Tot dan swem en bootcamp ek.  En ek kyk tv reekse. En lees ander mense se blogs.  So dankie vir julle wat nog iets neerskryf op die rekenaar.

Advertisements

15 thoughts on “Oorlewing.

    1. Ek wens ek kon T Frannie. Ek sien my kind baie min op die oomblik. Sy is besig en die petrol geld is skraps. En die kar se clutch het net mooi vandag gekalf. So daar is sommer nog ‘n ou ietsie op die budget geskriffel

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s