Capital Singers

Capital Singers - Rewind 70's and 80'sWat ‘n belewenis.  1000 koorlede wat saammet hierdie ongelooflike sangers sing.  Ek was hoendervleis.  Die hoogtepunt was verseker “Barcelona” van Queen wat Joseph Clark saammet ‘n 15 jarige sopraan wie se naam ek nou nie kan onthou nie, gesing het.  Ek wou huil dit was so mooi.

Die twee dirigente, Michael Barrett en  Christo Burger was ‘n fees van humor, sarkasme en “one-up-man-ship”  Ek wens ek kon ‘n goeie kwaliteit video met julle deel.

Ek is beslis September weer daar.  Boonop is Coenie de Villiers dan een van die soliste en ek vrek oor sy musiek.

En ek sou nooit eers geweet het van dit as ek nie ‘n vriendin gehad het wat in die koor sing nie.

 


7 thoughts on “Capital Singers

Leave a comment