Kraaitjies

IMG_20190422_100541 (1).jpg‘n Vriendin het ‘n seding dat elke ma dink haar kraaitjie is ‘n papegaaitjie, maar ek het nog altyd geweet my kinders is angelique geniusses. As ander mense klar oor hul kinders, vertel ek met smaak van my wonderlike perfekte bloedjies en verkneukel my in die anders ouers se oe omdop irretasie.

Maar eintlik wens ek ek het vroeer besef wat die waarde is om nie oor jou kinders te kla nie.  My seun was ‘n lekker handvol hier tussen die ouderdom van 9 tot so 15 jaar.  As enkelouer was ek baie gefrusteerd.  Ek het geweet hy het breins, maar sy skoolwerk was glad nie wat ek geweet het dit kon wees nie.  James Dobson se boek oor seun het niks gedoen om my senuwees te kalmeer nie.  Hy het skikwekkende statistieke gehad van wat word van seuns wat sonder vaderfigure groot word.  Dwelm, tronk toe, die works.  En oudste was lekker steeks en dwars.

So ek het baklei.  Met mag en mening.  As ander mense se “sit hom in ‘n koshuis” het ek gese “NOT”.  Die Here het hom vir my gegee om groot te maak en ek SAL.  Ek het oral raad gesoek en min gekry.  My ure omgebid en geworry oor my oudste.

En eendag se hy vir my:  “Mamma, dis nie vir my lekker as jy oor my kla by ander mense nie”  Dit was soos ‘n vuishou in die maag.  Want ek het gedink dis maar hoe grootmense oor hul kinders praat.  En dit was my manier van raad vra en probeer uitvind of dit net my kind was en of almal se seuns maar so is. Ek het nooit besef dat dit hom so sleg laat voel het nie.

Toe gaan sit ons twee en ek vra onverskoning en ek verduidelik.  Dat ek spyt is dat ek nooit my beste op skool gegee het nie, en dat ek gevolglik nooit enige iets bereik het wat ‘n beroepslewe aan betref nie.  Dat hy soveel potensiaal het, en ek so graag wil he hy moet ‘n goeie, interressante en gelukkige lewe lei.  Maar hy is nou groot genoeg om die gevolge te verstaan en verantwoordelikheid te vat vir sy eie lewe en sy eie toekoms.  En ek belowe om op te hou kla oor hom.

Dit was een van die wonderwerke in my lewe.  Die verandering in ons verhouding was ongelooflik.  Sy skoolwerk het wel verbeter, maar ons verhouding het handomkeer verander.  Die ewige rusies was verby en ek kon my kind geniet vir wie hy is.  Ons kon gesels sonder ek wat preek en hy wat stry.

Nou die dag gaan stap ons gesin weer en hierdie keer pak ons ‘n 10.5 km aan.  Die laaste 2 km was koppie op en koppie af.  Klippe.  En ek is lekker moeg en voetseer.  Die voorste ouens verdwyn kort kort om ‘n draai en moet dan wag dat Ma inhaal.  Darem bly almal rustig en geduldig, maar hulle moet al langer wag.  En al langer wag.

My oudste bly egter dwarsdeur daardie laaste, seer 2 km reg by my.  Help my geduldig af by hoe klippe, deel sy laaste water en gesels heerlik.  Ek dink nie hy sal ooit weet hoe geliefd, beskerm en spesiaal dit my laat voel het nie.

Dit was miskien nie altyd maklik om hom groot te maak nie, maar altyd, altyd die moeite werd.  Vandag is hy ‘n pragtige, sterk, liefdevolle, wyse en geduldige engel.

Kraaitjie se voet.


24 thoughts on “Kraaitjies

  1. As ek ooit dit kon oordoen sou dit ook my motto gewees het. Nou kry ons nie 2de kanse nie en elke selfhelp boek met perfekte ouers wat raad gee gee my net ‘n pyn in die gat, want ek het maar ge-trial and error, heelwaarskynlik meer ge-error in my onperfekte ouerskap styl omdat ek ‘n spade nog altyd maar ‘n spade genoem het, selfs in my kinders se droogmaak wat ek aan die klok gehang het waar dit van my vereis was. As hulle wetters was het ek hulle wetters genoem, maar so ook as hulle engele was. Vandag weet ek plaas ek maar net gelieg het en hulle altyd engeltjies genoem het.
    Gelukkig is hulle nou grootmense, produktiewe grootmense, aan niks verslaaf waarvan ek bewus is nie, maak somtyds vrotsige keuses waarmee ek verlief neem, want dit is nou hulle beurt om te trial and error. Myne loop buite die huis rond en ek het besluit ek is aan niemand verantwoordbaar vir al my boo boo’s behalwe aan my Vader wat dankie tog genadig is. O ja, ek verbeel my daagliks dat my kinders mal is oor my. 🥴🥴🥴🥴

    Liked by 2 people

    1. Ek wens ook maar ek het minder foute gemaak. Mens doen jou bes met wat jy weet, maar partykeer wens ek tog ek kan teruggaan. En ek het regtig wonderlike kinders wat my baie vergewe.

      Like

      1. Soos jy sê, ons maak die beste van dit wat op die oomblik in ons hande is en basta met die res. Ek wil myself daarin verstout deur te sê ek het niks gedoen waarvoor my kinders my moet vergewe nie, baie waarvoor ek myself moet vergewe… Maar dit is ‘n ander pad. Ek het altyd die beste gedoen vir my kinders op die oomblik wat ek gedoen het, wat ek gedoen het. Maw ek weet eintlik was ek ‘n goeie ma, desondanks. Eendag as hulle so oud soos ek nou is sal hulle dit weet 😁

        Like

      2. Hulle weet dit reeds. Dalk se hulle dit nog nie vir jou nie, maar ons kinders weet. Dat ons lief is vir hulle, dat ons vir hulle moet preek, dat ons hulle moes disiplineer. Oudste en jongste werk met kinders en altwee het al herhaaldelik gese hulle is bly ek was streng. Hulle wil hul eie kinders eendag maniere leer.

        Like

  2. Hy is beslis oulik. Ek glo en weet ál jou kinders is oulik. Ek kon nog nooit verstaan as mense sê jy moenie oor jou kinders spog nie. As jy dit nie doen nie, wie gaan dan? ❤️

    Like

  3. Jy skryf so mooi oor jou handsome seun. Spog maar soveel as wat jy wil, ek gaan beslis nie my oë rol nie. Ek dink ook my kinders is perfek, terwyl ek goed weet van hulle stoutighede, nukke en grille, maar dis wat hulle uniek maak. Ek weet hulle is goed en mooi daar waar dit tel. Ten spyte van my ietwat onbeholpe moederskap, moet ek byvoeg.

    Like

  4. Jy het ‘n pragtige seun. Dit wat jy hier skryf, gebeur met alle ma’s. Mens doen jou bes met opvoeding, maar maak baie foute. As ek dit kon oorhê, sou ek my kinders anders benader het.Gelukkig het hulle nie te sleg uitgedraai nie en is ek baie trots op hulle.

    Like

Leave a reply to woestynkind Cancel reply