Dikbek dinge

Image result for image of sulking childHoekom is kla soveel makliker as dankbaarheid en uitmekaar val soveel lekkerder as positief wees?

Almal het af-dae, maar deesdae het almeer mense af-lewens.

Die drama word seker aangemoedig omdat ons so toegegooi word met raad en positiewe versies.  Kompleet met vrolike , wollerige katjies, vet engeltjies en oseaan prentjies wat jou moed inpraat en prys.  Dan begin ons seker dink iets moet fout wees sodat ons al die troos en prys kan verdien.

Oral loop ek my vas in ontevredenheid, woede, bitter, verontreg, siek, smartlik en daai ingelse woord “entitled”.  Ons teem dag in en dag uit.  Elke hobbel in ons pad word dikbek opgeblaas to ‘n berg.  Ons perform tot vervelens toe oor elke gram vet en klim elke maandag op ‘n dieet en teen teetyd weer af.

Ek is uitgeput gepaai en moed ingepraat.  Meeste kermkouse geniet dit om kwaad en ongelukkig te wees.  En iewers langs die pad kom ek agter dat ek begin saampraat.  Dis net makliker as om iets positief uit te dink.  En ek is tog so huiwerig om te preek.

‘n Whatsup groepie waaraan ek behoort, besluit om net 5 goed, net op maandae te lys waarvoor ons dankbaar is.  Hierdie week kry een van ons dit wragtig reg om selfbejammering, beskuldiging en kla so slim te verwoord dat sy dit op die lysie vir dankbaarheid kan sit.  Kompleet met biddende handjies…..

En ja, ek besef die ironie van ‘n blog waar ek kla oor mense wat kla oor alles.

Eintlik weet ek:

Lewe en Dood le in die mag van die tong.  En ek wil tog so graag LEWE.

So, namens myself en ek, Ek gaan ophou.  Vandag nog.

Advertisements

2 thoughts on “Dikbek dinge

  1. Sjoe, jy het dit nou goed verwoord! Ek gaan sommer nou minder kla. Soms het mens net nodig dat iemand jou weer daarop wys.Dankie vir hierdie…dit inspireer my om meer positief te wees.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s