Stilweg…

Ek weet ek is nie die stilste persoon in meeste vertrekke nie, maar ek is darem ook nie die grootste bek nie.  Ek dink ek was dalk as kind.  My ma het seker ‘n miljoen keer in my lewe my probeer stilmaak.mouth

Hierdie week verdwyn my stem iewers tussen ‘n verkoue en ‘n aircon.  Eers praat ek maar hees voort, later fluister ek, en net voor ek my karkas dokter toe sleep hou ek net heeltemal my mond toe.

Toe leer ek ‘n paar nuwe dinge omtrent die mensdom.

Meeste mense begin terugfluister as jy so saggies met hulle praat.  Skielik word die kantoor, die boekwinkel en die slaghuis ‘n plek van heilig fluister.

Kassiere wat met dosyne mense ‘n dag dieselfde rympie oor en oor doen, maak glad nie met jou oogkontak nie.  Hellohowareyou and doyouwantaplastic word met ‘n vriendelike stemtoon afgerammel sonder om regtig te kyk .  As hulle dan met doodse stilte begroet word, vat dit nog so ‘n sekonde of twee voor hulle opkyk.

So jammer vir al die wildvreemde mense wat ek hierdie week saggies aan die arm of hand moes vat om te kan kommunikeer.  Ek weet dit was diep ongemaklik vir baie van julle.

Dat meeste mense  wat heeldag saammet my werk en weet my stem is weg en my keel is seer, nie onmiddellik kan uitfigure dat die maklikste manier van kommunikeer met my is of, tik ‘n boodskap op skype of, vra dan den minste vrae waarop die antwoord ja of nee moet wees nie.

Die beste van die week was die een wat eers 5 minute lank met my raas oor ek by die werk is, my vertel hoe ek veronderstel is om my stem te rus, en dan in dieselfde asem ‘n lang rits vrae te vra waarop sy lang gedetaileerde antwoorde verwag.  Gelukkig kan ek steeds snotty antwoorde gee deur my oe te rol en my hande in die lug te gooi.

Elke kantoor het seker ook sy hypochondric wat hande vol onnodige pille drink en alle detail omtrent almal se pyn en siektes wil weet.  Dalk omdat hulle die inligting wil stoor en oor ‘n week of so ook dieselfde simptome getrou wil weergee.  So ek is gebombardeer  met ‘n rits mediese vrae direk nadat sy die gesprek begin het met “Is jou stem weg?”  Weereens.  Oe rol en hande omdop.

Ek is ook aangemoedig om ‘n toddy te drink deur ‘n engelse dame (is dit nou brandewyn of whiskey?)  en ‘n uitnodiging van ‘n man om die hande op my te le…. ek dink dit het te doen met een of ander terapie of iets.  Hy waai (of is dit nou piets?) sy pasiente met sage takkies en dinge.  Van my kollegas het al onderdeur sy hande geloop.  Meeste kon blykbaar nie loop of sit of staan vir ‘n week daarna nie.  Ek is net spyt ek konnie hardop lag vir die uitnodiging nie.

Want as jy onbeheers begin hoes elke keer as jy wil lag, kom jy gou agter hoe dikwels jy lag kry deur die dag.

En les bes, het ek agtergekom hoe min mense regtig jou stem, of opinie nodig het.  Ek verstaan nou die idioom “om in stilte te verdrink”  Klink soos iets wat Koos du Plessis ‘n hartseer mooi liedjie oor kon skryf.  Hy vertel juis van die deure wat oop is, maar net stilte het ingestap.

 

 

Advertisements

11 thoughts on “Stilweg…

  1. Jy het dit nou so oulik geskryf! Ek lag hardop…skuus ek moes seker saggies giggel.😄Ek hoop jy is gou beter en pasop maar vir daardie kollega met die pietsterapie.😵😵

    Like

  2. Dis soos die tandarts wat jou mond vol watte of putty prop en dan vra hoe gaan dit met jou gesin. Dis amper jammer dat hierdie soort stilte nie sekere ander mense tref nie – dink net wat ‘n rustige tyd sal jy op kantoor deurbring.

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s