Klippies in my skoen

klippiesDaardie klein dingetjies wat bietjie krap aan ‘n mens se vrede.  Soortgelyk aan die klein jakkalsies, maar nie heeltemal nie.

Die baie oorgewig ou wat in die gym se swembad op en af stap vir oefening en dan baie gelukkig met homself vir my vertel hy het al ‘n hempgrote in 2 maande so verloor.  Terwyl ek my asem uitswem en net dikker word.  Ek is bly vir hom, maar dit motiveer my nie vreeslik nie.  Mamma se sommer pront hy jok.  Ek weet nie.  Ek ken hom nie.  Hoekom sal mens jok oor so iets?

Die skaars geskeide buurvrou wat sommer so maklik in nuwe man in haar lewe optel.  En trou.  En 15 jaar later nog steeds dolgelukkig is.  Waar krap hulle so maklik ‘n oulike ou uit?  Dit help seker dat sy mooi en blond is.  En ek is bly vir haar.  Maar dit laat my bietjie vet en vaal voel.  Jongste se ek is net te kieskeurig.  Mans is geintimideer deur my beterweterigheid.  Ek glo haar nie, maar dit laat my darem lag.

Die kindertjies in die woonstelblok wat luidrugtig op ‘n sondagmidda rondhol en roep en sing en lag.  Want ek is al verby die kinderdinge en wil net in rus en stilte slaap of “Hotel” kyk.  En dan is ek sommer krapperig vir myself, want waar moet hulle dan nou speel.  Die woonstelle is klein, die kinders nog jonk en vol energie en hier is nie ‘n grasperk of ‘n park of iets nie.  Dan maak ek maar die deur en venster toe en sit die waaier aan vir “white noise”

Nuttelose nota… wat is ‘n goeie afrikaanse vertaling vir “white noise”?

Die woonstel blok se whatsup groep.  Wat dosyne boodskappe per dag heen en weer stuur.  Oor die kleintjies wat sonder ouertoesig buite speel en dan op die graseilande urineer.  Oor die slang wat iewers gewaar is en vir ‘n week lank nie gevang is nie.  Oor een of ander intrekker wat sy bokse vir die dag buite gelos het.  Oor die enkele’s wat grasperke het en dan die grassnysels in die asblikke gooi.  Ek wil nou nog weet wat anders maak jy met jou grassnysels in ‘n woonstel kompleks? Daar is altyd ‘n paar mense wie se opinie van sulke kardinale belang is dat hulle daagliks op alles moet kommentaar lewer.  Selfs al moet hulle vorige kommentare screenshot, reprint en sinnetjie vir sinnetjie uitmekaar trek.  Ek het die groepie op mute.  Want ek het nodig om so 2 keer ‘n maand te rapporteer dat my warm water weg is.  Gelukkig werk ek saammet ‘n kollega wat nie net ook hier bly nie, maar deel van die admin is.  So ek weet ek sal wel hoor as daar iets belangrik  gebeur.

En laastens vir vandag,  die vuil uil wat op my parkering kom stop as hy vir my buurvrou kom kuier.  Die eerste keer het ek vriendelik verduidelik.  Die tweede keer was ek bot ongeskik en bakleierig.  Maar noudat ek hom, sy kar, sy maniere en sommer sy girlfriend wat stupid genoeg is om met so ‘n twit uit te gaan afsonderlik vir my kinders en my ma vertel het, voel ek effens beter.  Maar as hy dit weer waag, gaan ek wragtig met lipstiffie op sy voorruit skryf.  Dit was blykbaar nie maklik af nie.  Nou moet ek net gaan soek of ek dalk iewers ‘n verlore lipstiffie iewers het.

Advertisements

17 thoughts on “Klippies in my skoen

  1. Ek kan my net so vererg vir die klippies in die skoen. Dis nes asof hulle sommige dae meer skaaf en ek is jammer, maar kindertjies wat rondhardloop en gil beïndruk my ook nie in die minste nie. White noise vertaal blykbaar as witruis. Koop vir jou ‘n CD met Gregorian Chants, dit werk vir my.

    Liked by 1 person

  2. As jy nie ‘n lipstiffie opspoor nie, gaan koop een, maak jou lippe deeglik rooi en plak daai vent se voorruit vol vet soene, saam met wat jy ookal vir hom gaan skryf. Dalk tel hy sommer moeilikheid met sy stupid girlfriend ook op en dan is sy ten minste van hom ontslae. Mag jou week sonder klippies wees ❤

    Liked by 2 people

  3. My ma het ook altyd gesê ek is kieskeurig. Die ding is net, trou is nou een ding waarmee mens NIE ‘n fout wil maak nie. En al gebeur dit maak dit jou ook nie ‘n slegte mens nie.

    Jy mag kieskeurig wees. Jy weet waarvan jy hou en jy weet wat jy wil hê. 🙂

    Like

    1. Dankie. Maar ek is nou al vir 22 jaar so kieskeurig dat ek nie dink daar is iemand wat vir my kanssien nie. Ek is net dankbaar dat ek nie eensaam is nie. Is bietjie van ‘n loner en het wonderlike familie en vriende.

      Liked by 1 person

  4. Ek moes lag vir jou klippies, dalk bietjie klippies en cola? Dan rig jy permanente skade aan die dude se kar? Jy moet net sê, ek het baie ongebruikte lipstiffie(die hoarder, jy weet mos)

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s