Swemlesse

Image result for painting of swimmersNee, nie daai soort swemlesse nie.  Hoewel ek daarmee ook sal kan doen.  Oudste lag hom stukkend as ek beduie hoe ek swem.  As hy boonop hoor dat ek nie my voete roer nie, kan ek maar ophou praat.  Hy lag te hard.

Maar of ek nou kan of nie, ek is meeste middae na werk in die swembad.  Simpel kappie oor die hare en bril op.  Ek het die bril onlangs aangeskaf.  Nou kan ek vir die streep onder in die water kyk.  Ongeveer halfpad is die teels bietjie afgechip.  Dis nou as ek my middelste laan kry en een of ander  vuil uil nie voor my daar is nie.

Ek het ook ‘n beter swembroek aangeskaf.  Ons gym sal my nooit met so oulike rooi bikini in die water toelaat nie.  Myne lyk soos ouma sin.  Die bene is tot by my kniee.  Agter kruis dit hoog op my rug.  Die kontrepsie het nie ‘n zip of knip iewers nie.  Dis ‘n moerse geworstel om dit elke middag aan my dik, natgesweete lyf te kry.

O ja… swemlesse.

Eintlik wil ek skinder oor wat ek al beleef het so al swemmende.  (Neeeeee, dit maak my ook nie maer nie!!!!)

Ek is dikwels die enigste siel in die grote swembad, maar partykeer deel ek dit.  Soms met ‘n paar laerskoolkindertjies wat met fyn, gladde lyfies rats induik en net so maklik weer uitklouter.  Ek self kan dalk inval as ek moedswillig wou wees, maar vir die uitklim het ek absoluut die trappies nodig.  Ek probeer om nie jaloers te wees nie.

Partykeer is daar jongmense wat met groot gemak en grasie deur die water klief.  Ek kyk liewer nie.

Soms is ‘n skoolvriendin van my kiddies daar.  Sy doen die ironman.  Groet my altyd vriendelik.  Die eerste keer het ek gewonder hoe de hel sy my herken met my plat koppie (daai keppie vlei my nie) en die simpel brilletjie.  Dan vra ek belangstellende na haar wedstryd planne en prys haar vreeslik.  Ek dink regtig dis bewonderenswaardig.  En sy hoef nie te weet hoe jaloers ek op haar fikse sterk lyfie is nie.

Maar vanaand se besoeker het die koek gevat.

Gryskopomie met ‘n effense boep.  Spring ewe in sonder die leertjie.  Ek dink nog “Good for you” en begin my lengte swem.  Terug by die beginpunt het hy darem al die keppie op die hare.  Ek vat weer die lengte aan.  Terug kom ek op vir asem.  Weg is die omie.  Ek kyk om (gelukkig is die horlosie daai kant, so ek lyk nie suspicious nie.)  Wragtig.  Sit hy op die bankie en vryf sy hare droog.  Hemp klaar aangetrek en als!!!  Nie ‘n tree geswem nie.  Nou vra ek jou met trane in my knoopsgate…. vir wat al die moeite gedoen??

Ten minste het hy my baie braaf en fiks laat voel.

Advertisements

11 thoughts on “Swemlesse

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s