Lekker kry

thiefEk het vandag net weer besef.  Meeste mense is ordentlik en het goeie bedoelings.

Ons ry in die parkeerarea van ons Spar in en sien net die karwagte en spul ander mans hol almal in dieselfde rigting.  “n Ent voor hulle hardloop een ou.  Duidelik aan die weg hol.  Maar 2 ouens wat van die ander kant kom, besef wat aangaan en rugby tackle hom voor die Dros.  Moerse gejuig.  Die een kar wag kry hom aan die arm en masjeer hom die hele parkeer area terug Pepstores toe.  Almal staar.  En almal grinnik.  Want ons kry tog so lekker as ‘n skelm vir ‘n slag voorgekeer word.  Die karwagte veral kannie ophou smile nie.  Vandag het hulle hul job goed gedoen.  Selfs ons wat bokkerol gedoen het, behalwe kyk en kommentaar lewer, voel beter.  Dis lekker as die goeie ouens vir ‘n slag wen.

Advertisements

9 thoughts on “Lekker kry

  1. Snaaks dat jy nou so ‘n storie vertel, Woestynkind. Ons het juis daaroor gepraat toe ons ‘n nuusberig gelees het oor drie inbrekers wat doodgeskiet is deur die polisie en my man se eerste aanmerking was: “Goed so!”. Ons is noual so moeg vir en afkerig van misdaad en geweld dat ons goed voel oor so ‘n uitkoms. Dit laat ‘n mens nogal dink, nè!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s